Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Marilyn Monroe foto in blou" deur T.T. CLOETE
"Marilyn Monroe foto in blou" deur T.T. CLOETE [boodskap #20995] Do, 11 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Marilyn Monroe foto in blou
T T Cloete
("Angelliera" 1986)

[een jonge dame draagt haar lippen op haar mond.
- Pierre Kemp]

dikskaamtelik skrylings sit Marilyn Monroe
in 'n volstrek
leë blou
ruim vertrek

die spanbroek van plooilose blou materiaal
is 'n vliesdun vel
wat alles wat binne is kaal
na buite egalig sag gestrek nerfeus vertel

asof dit by alles pas
- die kop hang geluidloos effens laggend
agteroor -
hou sy 'n leë wynglas in die linkerhand vas
wie luister kan goed in die volstrekte
stilte hoor

hoe skaamtelik groot die lippige mond
oop lag pront
pruilend nat rooi rond
gewelf soos 'n gekoesterde soet kriewelige
wond

vir die nakende detail in die bygesprek
- met 'n omweg kan bysake die aandag
trek
op hoofsake - is slegs die een skoen
uitgetrek
elke besonderheid is op sy plek

deur die volstrekte stilte heen hoor groot
praat die deurgefluisterde skoot
oop en bloot
nakont vlesig groot

wat gloei onder die valsegte dubbele huid
juig deur alle lippe en wange uit
dat dit tuit dat dit tuit
uitjubelend gierig uitnodigend uit

vrouwees Simone de Beauvoir
is deur huid en deur haar
oop en openbaar
gekleed sigbaar

oog en oor laat hulle nie bedrieg nie
huid en haar weet nie van lieg nie
Vorige onderwerp: "Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Uit "Verse" van N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:23:43 MGT 2024